BESPAR duisende met rentekoersverlagings van 2,25% tot dusver hierdie jaar en ons skouspelagtige afslag! + GRATIS heffings vir 12 maande! + GRATIS oordragskoste! En vir u ekstra voordeel en beskerming, is hierdie Lockdown-promosie ook onderhewig daaraan dat u die eiendom binne 7 dae nadat dit toegelaat is volgens die toepaslike waarskuwingsvlak tydens die landelike sluiting persoonlik binne 7 dae na die eiendom kan besigtig, en dat u skriftelike bevestiging aan u verkoopsagent binne 24 uur daarna dat u met die aankoop wil voortgaan! Eenvoudig gestel: die beste tyd om vorentoe te beweeg, het aangebreek!
Kontak ons verkoopkantoor vir meer inligting oor hierdie skouspelagtige aanbod!
‘n Fantastiese ontwikkeling vir residensiële wildplaas in die Waterberg, Limpopo Provinsie, Suid-Afrika
12km vanaf Bela Bela
Die ideale landhuis, vakansieverblyf of aftree-woning




Hierdie 1012 hektaar van ongerepte prag-bosveld huisves ’n magdom wild. Koedoes, Rooi Hartebees, Nyala, Waterbokke, Impala, Zebra, Blou Wildebeest, Blesbok, Klipspringers, Duikers en Vlakvarke loop vry in hierdie vet veld.
Natuurlike bronne voer ’n hele paar damme wat die perfekte uitkykpunte vorm om hierdie natuur-wonder dop te hou soos die wild en inheemse voëls kom water drink. Om nie eens te praat van die ruig Afrika-plantlewe nie.
Verloren Landgoed is ’n fotograaf se droom.
Kom kies jou prag-woning uit ‘n verskeidenheid luukse en elegante planne of kom skep jou eie droom-huis met die hulp van ons argitekte of bring jou eie aan boord. Ons het ook ’n eksklusiewe en moderne verskeidenheid toebehore, kleure en style om van te kies.
Die bou-planne sluit die natuur-bronne van die area in en streef daarna om die wonder-landskap ongerep in te weef sonder om te steur.
Verloren is een van die min wildplase landgoed waar troeteldiere welkom is.
Die 2020 ontwikkeling van Verloren is in pas met die nuutste en beste bewarings-etos deur net 6% van hierdie landgoed beskikbaar te maak vir die eksklusiewe woongebied.
Die meeste erwe is 2500 vierkant ’n meter en is ontwerp vir die grootste privaatheid en natuurlik daai bosveld ervaring.
Die rots-poele word vol gevoer deur helder spruite. Die ongerepte wonder van die natuur se swembaddens lok inwoners nader om te kom afkoel in die hitte van die Afrika somer. Braai-areas en kleedkamers is gemaklik byderhand.
Elke woning is ingerig met ’n mini verpakking rioolstelsel, in pas met die bewarings-standaarde.
Goed versorgde paaie deurgaans die landgoed maak van enige reistog ’n plesier, maak nie saak met watter motor of ryding nie.
Verloren het oorgenoeg water. Verskeie boorgate hou die opgaardamme vol waar die water dan deur die suiwerings installasie die wonings voer om te verseker dat vars en skoon drinkwater ononderbroke loop.
Alle erwe het toegang tot 3-fase elektrisiteit direk vanaf Eskom.
Verloren is nie ’n ‘Big 5’ oftewel, ‘Groot 5’ reservaat nie. Inwoners kan vryelik rondbeweeg, ter voet, fiets of voertuig. Span die golf-karretjie in of saal daai perd op en ervaar hierdie wildplaas uit die hemel.
’n Onafhanklike sekuriteitsmaatskappy beheer die operasionele kontrole kamer wat reg by die hoofingang geleë is. Gewapende wagte en ’n spoorhond is 24-uur per dag aan diens. Die elektriese omheining en sekuriteit van al die wonings word gemonitor deur die kontrole kamer.
Brand blussers is strategies geplaas om die vinnige aksie te verseker sou ’n veld-brand ontstaan.
Mediese fasiliteite is binne maklike bereik van die Verloren Landgoed.




